Tweedehandse Bruidjie doen soveel moeite, en ek dink dit is wat hierdie platform so ongelooflik maak. As jy jou rok wil verkoop of opsoek is na n rok, Tweedehandse Bruidjie is definitief "the way to go"! Baie dankie dat julle my gehelp het en vir julle ongelooflike diens!
Mag die besigheid nog baie hoogtes bereik en net vorentoe gaan ❤
Best platform to sell your wedding dress. Unlike other platforms, you’re able to upload as many pictures as you’d like at no extra cost. You also deal with all interested buyers directly, which is great.
Dress got sold within a few months. Thanks Tweedehandse Bruidjie for helping me help another bride find her dream dress!
Baie dankie aan Tweedehandse Bruidjie wat dit vir my moontlik gemaak het om my rok te verkoop? Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie!! Ek was een van die gelukkige bruidjies wat julle kompetisie gewen het en van die begin af is alles so profesioneel gedoen met soveel liefde en sonder enige moeite❤ Julle is awesome en lewer puik diens! Wens vir julle jare se sukses met die online besigheid! Dankie dat julle gehelp het om nog n bruidjie se droom waar te maak?
Ek is so dankbaar vir Tweedehandse Bruidjie en al hulle digitale platforms. Ek het my trourok verkoop binne n week en die proses was van die begin af baie maklik maar ook baie deeglik en proffessioneel! Die fooi wat hulle vra is verseker waarde vir geld en eintlik bitter goedkoop as mens die moeite sien wat hulle doen met elke plasing! Baie dankie Nikita vir alles! Jy het n baie slegte proses baie beter gemaak en ek is bly daar is nog n bruid daar buite wat haar droom trourok gevind het!
Ahh, ek smile van oor tot oor! Te danke aan Tweedehandse bruidjie kan my rok (wat een aand vir my sooo SPESIAAL gemaak het) nou ook iemand anders se dag spesiaal maak! Nie net is die diens so uitstekend en gemaklik nie, maar Tweedehandse bruidjie verstaan ook die belangrikheid van n goeie koper, iemand wat die mooi in jou rok sien en weet dit gaan hulle dag ook perfek maak!
Dankie dankie dankie, vir julle vriendelike, vinnige en absolute caring diens! Versot op Tweedehandse bruidjie! xxx
Goeie more Bruidjies ! Tweedehandse Bruidjie het vir my die beste diens gegee van die eerste interaksie... So vriendelik en behulpsaam. Dit gesê het ek my rok verkoop binne 3 weke. Dit was so so amazing om te sien hoe baie navrae daar al was na net 'n paar dae vandat hul die gepublish het .... Dankie Tweedehanse Bruidjie ! Julle is regtig awesome !
Die besluit om hierdie platform te gebruik om my rok verkoop te kry, was die beste besluit wat ek kon maak. ?
Ek het my rok seker meer as 6 maande op fb gelaai om hom te probeer verkoop, met geen geluk. ?
Tweedehandse Bruidjie het my gekontak en hom seker binne twee weke verkoop gekry ??
Diens is baie vriendelik en super behulpsaam met koper en verkoper. ?
Kan eintlik nie glo dit was regtig so maklik gewees nie.
Dankie xx